Keuses wat jou lewe bepaal (eBoek): Hoe om te kom van waar jy is ... tot waar jy wil wees [Kindle-editie]

Hoekom lyk dit of soveel gedrewe mense goeie doelwitte vir hul lewe stel, maar dit dikwels net nie bereik nie? Hoekom begin baie mense hul lewe met ’n duidelike prentjie van waar hulle wil wees in hul verhoudings, finansies en professionele lewe en tog vind hulle jare later dat hulle heeltemal op die verkeerde pad is? Hoekom bly mense se toekomsverwagtings dikwels onvervuld? In KEUSES WAT JOU LEWE BEPAAL help Andy Stanley die leser om te verstaan waarom so baie mense die toekomspad byster raak. Hierdie boek sal lesers nie net help om te verstaan waarom teleurstelling en spyt soveel mense se lewe oorheers nie, maar lesers ook help om die uitsondering te wees. Dit sal lesers laat besef dat hul keuses, nie hul intensies nie, hul eindbestemming bepaal. Deur die beginsels in KEUSES WAT JOU LEWE BEPAAL toe te pas, kan lesers bemagtig word om die pad te vind wat tot hul ideale lei. Op hierdie manier kan onplesierige ompaaie vermy word.

De auteur:Andy Stanley
Isbn 10:B00WN2U9YU
Uitgeverij:CHRISTELIKE UITGEWERSMPY
Paperback boek:151
serie:Kindle-editie
gewicht Keuses wat jou lewe bepaal (eBoek): Hoe om te kom van waar jy is ... tot waar jy wil wees [Kindle-editie]:888 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.