Eiland van drome [Kindle-editie]

Wanneer Irene Basson, ’n bekwame jong psigiater van Kaapstad, deur haar baas, Nicholas Barton, kleinseun van die skatryk Georgios Nikos, gevra word om ’n posisie te aanvaar by sy familie se nuwe luuksekliniek op ’n Griekse eiland, stem sy ná oorweging in – wie sal só ’n glansryke lewe nou versmaai?Aanvanklik is sy en Nicholas op formele voet. Wanneer hy egter vir Irene vra om sy halfbroer Gary, wat met skisofreniese steuring gediagnoseer is, te behandel, leer sy hom en die glansryke Nikos-familie beter ken. Dan daag Irene se voormalige pasiënt, die oorlogskorrespondent Bob Butcher, by die kliniek op. Nét Irene mag sy behandeling vir posttraumatiese stres verder hanteer, en hy is duidelik persoonlik te geheg aan haar.Terwyl Bob struweling tussen Irene en Nic veroorsaak, leer Irene ook meer van die Nikos-clan se troebel familieverhoudinge. En móét daar tog soveel vroue om die aantreklike Nic draai? Wanneer Irene hom verdink van ’n affair met ’n bekende aktrise en pasiënt, struikel die nuwe verhouding tussen haar en Nic byna. Sal hierdie haakplek, en Bob se voorbarigheid, nie dalk genoeg wees om sake tussen hulle twee te laat skipbreuk ly nie? En dan’s daar nog Georgios Nikos se familiedinge …

De auteur:Malene Breytenbach
Isbn 10:B00H50L1DI
Uitgeverij:Hartklop; 1 editie
Paperback boek:172
serie:Kindle-editie
gewicht Eiland van drome [Kindle-editie]:460 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.