Die Diepte van Skarlaken (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]

Lidia, is ’n welgestelde besigheidsvrou en woonagtig in Filippi die hoofstad van daardie deel van Masedonië, ‘n Romeinse kolonie. Sy is ’n vernuftige verkoopster van purperkleurstof en purper wolgeweefde materiale. Dan vind daar ‘n gebeurtenis plaas wat haar lewe ingrypend verander. Haar roetine van koop en verkoop, verdiep in betekenis wanneer sy die grootste ontdekking van haar lewe maak. Lidia leer ken die egte betekenis van haar duur purperkleurstof wanneer sy voorgestel word aan die Eienaar van Verlossing wat redding bring. Sy ontmoet die Lam met die reddened purperkleed. Die man Jesus Christus wat ook vir haar sonde gesterwe het. Sy word deel van Sy onvoorwaardelike liefde en Sy ervaar ‘n nuwe lewe van berou, vergifnis en die belofte van die ewige lewe. Sy ontdek dat Sy bloed haar sonde wit soos sneeu kan was. In hierdie roman, geskryf vanuit die agtergrond van die sestiende hoofstuk van die boek Handelinge, word vertel van kinderlike geloof, en van blymoedigheid in ongewenste omstandighede. Hier kan die leser lees dat opregte gebede verhoor word. Dat die Skepper van die mensdom volle beheer en genade oor mens en natuur het. Dat God nie met Hom laat spot nie. Maar dat Hy alles ten goede laat meewerk, vir die wat Hom eer en bly loof in alle omstandighede. As gevolg van haar vaste geloof, haar deursettingvermoë, en volharding in onmoontlike omstandighede, word haar hele gesin die geleentheid gegee om gered te word. Haar lewe wat eers om aardse rykdom gedraai het, verloor sy aantrekkingskrag. Omdat haar materialistiese bestaan ontmasker word, leer sy om uit te reik na ander mense, en so haar doel op aarde uit te leef. Haar beroep word nou ‘n werktuig om verlossing te verkondig, die ou verbond is vervul en nou is die tyd om die oorwinning van die nuwe verbond aan te gryp vir ‘n vol lewe, waarin orde en balans teenwoordig is. Dit is ’n verhaal wat steeds van toepassing is in die milieu van die een- en- twintigste eeu. Die lesers sal hom of haar kan vereenselwig met gebeurtenisse en rolverdelings. Dit is die verhaal van HOOP wat nie tevergeefs is nie.

De auteur:Ans du Preez
Isbn 10:B00HGI7GHY
Uitgeverij:myAfrikaans
Paperback boek:101
serie:Kindle-editie
gewicht Die Diepte van Skarlaken (Afrikaans Edition) [Kindle-editie]:739 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.