Dié kant van die hemel [Kindle-editie]

Niemand het geglo hy het ‘n dogter wat hy nog nooit gesien het nie…Niemand het geluister toe sy gehuil het oor die pappa wat sy nooit geken het nie… Nou, in die embers van ‘n tragedie lê ‘n uitkoms wat nie een van hulle ooit sou kon voorstel nie.Annie Warren wou altyd net die beste vir haar seun, Josh, hê. Maar jare se mislukkings en slegte keuses het ‘n hartverskeurende breuk veroorsaak wat net groter geword het sedert die dag to Josh deur ‘n dronk bestuurder raakgery is. Nou is Josh medies ongeskik en sy lewe staan stil terwyl hy nimmereindigend op ‘n uitbetaling van die versekeringsmaarskappy wag. Om dinge te vererger, glo hy die storie van ‘n slinkse vrou wat beweer dat hy die pa van haar sewe jaar oue dogtertjie, Savannah, is.Hoewel dit heeltemal onwaarskynlik is en daar geen bewyse daarvoor is nie, droom Josh daarvan om pa te wees. Hy is vasberade om eendag sy kind op te eis. Sy gesin ken egter nie die ware berhaal nie.Wanneer die skikking waarop Josh geregtig is, in gedrang kom, is Annie vasbeslote om haar seun te verdedig. Maar in die proses vind sy ‘n onverwagse skat wat baie waardevoller is as geld – dit is die grootste geskenk way haar seun haar ooit vir haar kon gee – dié kant van die hemel.Hierdie verhaal van gesinsgeheime, gebroke verhoudings en‘n liefde wat sterk genoeg is om oor ‘n oseaan te strek sal jou tot op die laaste bladsy boei.

De auteur:Karen Kingsbury
Isbn 10:B00I0C4NQW
Uitgeverij:Struik Christian Media
Paperback boek:260
serie:Kindle-editie
gewicht Dié kant van die hemel [Kindle-editie]:484 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.