Begin die reis (eBoek): Die belangrikste lewensbesluit wat jy ooit kan neem [Kindle-editie]

Om Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem. In BEGIN DIE REIS sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ʼn eenvoudige manier verduidelik Angus Buchan die probleem van sonde en God se plan om ons verhouding met Hom te herstel. Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Dié boek is ’n ideale evangelisasie-hulpmiddel en fokus veral op:• Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken.• Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God.• Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel. Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrifverwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry. As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewensveranderende nuus met ander te deel en BEGIN DIE REIS sal elke gelowige help om dié roeping uit te leef.

De auteur:Angus Buchan
Isbn 10:B00KIS3YL6
Uitgeverij:CHRISTELIKE UITGEWERSMPY
Paperback boek:61
serie:Kindle-editie
gewicht Begin die reis (eBoek): Die belangrikste lewensbesluit wat jy ooit kan neem [Kindle-editie]:843 KB
Nieuwste boeken
© 2024 onlineinet.ru Algemene voorwaarden
BoekreCensies, of takken. Alle rechten voorbehouden.